WORTELKOEKIES
- 300 g wortels
- 6 eetlepels koekmeel
- 2 eiers
- 1 teelepel komynpoeier (of enige ander speserye of kruie wat jy verkies)
- sout en peper na smaak
- olie om in te braai
Rasper die wortels en plaas in ‘n groot mengbak.
Voeg die meel, sout, peper, speserye of kruie en die eiers by.
Meng deeglik tot dit ‘n dik beslag vorm.
Verhit die olie in ‘n baaipan oor medium hitte en skep groot eetlepels vol van die beslag in die olie.
Druk dit effens plat in koekie vorms.
Bak vir ongeveer 3 minute aan ‘n kant. Indien dit te vinnig begin verkleur, verlaag die hitte.
Nota:
Deur verskillende speserye of kruie te gebruik, kan jy die koekies elke keer ‘n interessante ander geur en smaak gee.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete












