Your Recipe Blog

WORTELKOEK MET SJOKOLADE ROOMKAASVERSIERSEL

Cook: 40 minute

WORTELKOEK MET SJOKOLADE ROOMKAASVERSIERSEL

Moet sê, ek was skepties, maar dis werklik heerlik. Ek gaan nou op my sjokoladekoek ook dieselfde versiersel gebruik. Dis glad nie soet nie. Geniet dit.

  • 3 groot wortels geskil
  • 1 koppie olie (250 ml)
  • 1½ (375 ml) koppies melk
  • 3 eiers
  • 400 ml suiker
  • knippie sout
  • 1 eetlepel bakpoeier
  • 3 koppies koekmeel

Rasper wortels fyn.
Voeg eiers, melk en olie by die gerasperde wortels, meng goed deur.
Voeg suiker en sout by en meng goed vir so minuut.
Voeg koekmeel en bakpoeier by, meng net tot als ingemeng is. Moenie oormeng nie.
Smeer pan met bakmargarien en strooi bietjie ekstra koekmeel in die pan.
Skep die beslag in die voorbereide pan.
Bak op 180 ºC tot gaar vir 40 minute.
Laat goed afkoel voor versier.

  • Versiersel:
  • 1 x 240 g volroom maaskaas
  • 200 g melksjokolade

Skep helfte van maaskaas in ‘n glasbakkie, maak dit warm in die mikrogolf, roer so 6 blokkies sjokolade op ‘n keer by, maak weer bietjie warm, tot alles goed deurgemeng is en al die sjokolade en die res van die roomkaas ingemeng is. Die mengssel is redelik styf. Pasop vir te lank mikrogolf op ‘n slag.
Versier die koek bo-op en langs die kant heeltemal met die versiersel.

Nota:
Ek het bietjie sjokolade bo-op gerasper en pekaneute bo-op gesit.
Sal volgende keer neute ook in beslag inmeng en bietjie styf geklopte room by die versiersel om dit meer te maak.

Resep en fotos: Thea Loots Grobler

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page