Your Recipe Blog

WORSROLLETJIES MET MAALVLEIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minute

WORSROLLETJIES MET MAALVLEIS

Op skool was daar ‘n bakkery oorkant die straat en hierdie pasteie het my laat onthou dis hoe hulle s’n geproe het.
Maak eers die vulsel en laat heeltemal afkoel.

  • Deeg:
  • 3 koppies koekmeel
  • 125 g margarien
  • 1 eier
  • 2 ½ teelepels bakpoeier
  • sout

Vryf botter in meel, voeg bakpoeier, sout en eier by en maak aan met water tot stywe deeg.
Rol uit in lang stroke en skep die volgende vulsel op.

  • Vulsel:
  • ± 250 g maalvleis
  • 1 gaar aartappel, in blokkies gesny
  • 1 klein gerasperde ui
  • knippie naeltjies
  • ¼ teelepel koljander
  • ⅛ teelepel tiemie
  • sout na smaak
  • 1 eetlepel koekmeel
  • ½ eetlepel asyn

Kook maalvleis tot gaar, voeg alles by en meng goed, laat afkoel.
Skep vulsel op deeg stroke en vou toe.
Sit op bakpapier in pan, verf met eier en prik met vurk.
Bak 180°C vir 25 min of tot bruin en gaar.

Resep geplaas deur Roni vd Walt
Foto: Roni Van Der Walt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5