WORSPASTEI
Ek het brooddeeg by die supermarket gekoop, dit is genoeg om 1 brood te bak. Ek het die helfte van die deeg gebruik, wat ek in 3 dele gedeel het. Ek het dit in sirkels uitgerol, groot genoeg om die bodem van ‘n diep oondbak/kastrol te bedek.
- ½ pak gekoopte brooddeeg
- 500 g spekwors
- 2 eetlepels sweet jalapeño sous
- 4 stukke “round cut” spek
- 300 ml tamatie en uie smoor
- ½ koppie gerasperde kaas
Deel die deel in 3 dele en rol dit uit om in die pot te pas. Pak lae soos volg:
Eerste laag:
Plaas 1 sirkel deeg onder in die pot en rangskik die wors bo-op deeg.
Tweede laag:
Pak nog ‘n laag deeg, smeer chillie sous bo-oor, pak ‘n laag spek en smeer die tamatie en uie smoor oor.
Derde laag:
Sit die laaste deegsirkel oor, strooi kaas oor en bak teen 180°C in ‘n vooraf verhitte oond vir 45 minute tot gaar.
Resep en foto’s: Ronel Opperman Bouwer