Your Recipe Blog

WORSIE EN KAASROL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 30 min

WORSIE EN KAASROL

Het na baie jare hierdie gereg uit my kinderdae gemaak, het dit op die internet gesoek totdat ek dit gevind het (bly in Auckland en het nie meer my Wenresepte nie!). My 3 seuntjies was mal hieroor, en daar het niks oorgebly nie! Redelik vinnig en bekostigbaar-so bly ek het dit herontdek! Gaan gou n staatmaker in ons huis word.

  • Kors:
  • 500 ml koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 125 g margarien/botter
  • 150 ml melk
  • Vulsel:
  • 250 g grof gerasperde weense worsies
  • 500 ml gerasperde kaas
  • 50 ml margarien/botter, gesmelt
  • 1 fyngekapte klein uitjie
  • 7 ml Worcestersous
  • 7 ml mosterd
  • 2 eetlepel gekapte pietersielie
  • sout en peper na smaak
  • Eiermelk:
  • 1 eiergeel gemeng met
  • 25 ml melk

Verhit oond tot 200ºC en smeer ‘n bakplaat.
Sif meel, bakpoeier en sout saam, vryf botter in en meng melk by tot ‘n stywerige deeg vorm.
Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak in 35 x 27 cm reghoek.
Meng vulsel bestanddele en smeer eweredig oor deeg.
Rol in lengte op soos rolkoek.
Plaas rol op bakplaat.
Sny in 1 cm dik skywe met ‘n skerp mes, maar nie heeltemal deur (tot onder nie).
Trek skywe effens uitmekaar en verf met eiermelk.
Bak by 200ºC vir 20 – 30 min.

Foto en resep: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page