Your Recipe Blog

WORSGEREG MET SPAGHETTI

WORSGEREG MET SPAGHETTI

  • 500 g rou wors, opgesny
  • 3 wortels, geskil en gesny
  • 1,5 koppies gesnyde groenbone
  • 1 pakkie bruinuie soppoeier
  • 500 g spaghetti, apart gekook

Kook spaghetti en voeg bietjie sout by as dit amper gaar is.
Dreineer oortollige water. Hou warm eenkant.
Plaas al die wors, wortels en groenbone in ‘n pot en voeg water by, net genoeg om alles te bedek.
Kook tot gaar. Maak soppoeier aan met bietjie water en voeg by die worsmengsel.
Kook deur tot alles mooi gebind is. Pasop dit kan brand, water word vinnig minder.
Bedien op spaghetti.
Geniet.

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5