Your Recipe Blog

WORSBREDIE MET ROU RYS

WORSBREDIE MET ROU RYS

  • 1 kg boerewors in stukkies gesny
  • ½ koppie rou rys
  • 4 aartappels in blokkies gesny
  • 1 pakkie bruinuiesoppoeier
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 1 eetlepel blatjang
  • 1 eetlepel tamatiesous
  • 700 ml kook water

Verhit oond tot 180° C. Spuit oondbak met spray and cook en pak aartappel onder in die bak.
Plaas rou wors bo-op en gooi die rys eweredig bo oor.
Meng die res van die bestanddele in ‘n maat beker tot goed gemeng en gooi oor die wors en rys mengsel.
Maak seker alles is mooi bedek met die sous.
Maak toe met foelie en bak in die oond tot die rys gaar en die aartappels sag is

Nota:
Ek het nie uie bygesit nie, omdat die sop ‘n bruinuiesop is.
Ek was bang die ui smaak gaan die gereg oorneem. Maar ek glo enige iets kan bygevoeg word.

Foto en resep: Juanita Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5