Your Recipe Blog

WORS ROLLETJIES

Recipe by
| Servings: 8 worsrolletjies

WORS ROLLETJIES

  • 500 g boerewors, gaar gemaak in eie gunstelling sous
  • geklitste eier
  • Deeg:
  • 3¾ koppies koekmeel
  • 1 teelepel suiker
  • 2 teelepels sout
  • 1 pakkie gitsgis (10 g)
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1½ koppies louwarm water

Voeg al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak en meng goed deur.
Voeg olyfolie en louwarm water by en meng sodat deeg vorm. Knie deeg goed tot al die bestanddele goed gemeng is en ‘n lekker elastiese deeg gevorm het.
Laat rys vir 1 – 2 ure of todat deeg verdubbel het in grootte.
Maak wors gaar in gunsteling sous en los om af te koel vir sowat 15 – 30 minute, sodat dit nie deeg opwarm en laat skeur nie.
Sny in agt eweredige stukke.
Verhit oond tot 220 °C. Sny deeg ook in agt stukke en rol in balle. Rol elke bal plat met koekroller op kombuisblad wat liggies bestrooi is met koekmeel. Maak seker jy rol deeg groot genoeg uit vir jou stukke wors om op te kan pas. Plaas ‘n stuk wors in middel van deegsirkel en rol dit toe in deeg. Maak paar luggate bo in rolletjie. Verf rolletjie met eier of gesmelte botter.
Pak rolletjies uit op ‘n gesmeerde bakplaat en sit in oond vir so 15 minute om gaar te word.
Bedien met aartapelskyfies en eie lekker sousie.

Resep en fotos: Chantál Theron

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page