Your Recipe Blog

WIT YSKAS KAASKOEK

WIT YSKAS KAASKOEK

  • 1 pakkie Eat-Sum-Mor koekies
  • 4 eetlepels gesmelte botter
  • 1 blok 200 g wit sjokolade
  • 2 bakkies roomkaas, kamertemperatuur
  • 1 blikkie goed gedreineerde aarbeie

Maak kors van Eat-Sum-Mor koekies, fyn gerol en gemeng met gesmelte botter.  Druk vas in tertbak.
Smelt wit sjokolade in mikrogolf-oond en meng met die roomkaas, skep helfte bo-op tertkors en pak blikkie aarbeie bo-op, skep dan ander helfte van vulsel bo-oor en sit in yskas.  Bedien met vars aarbeie as jy wil.

Nota:
Kan aarbeie vervang met enige ander keuse van vrugte of breek self net ‘n peperment crisp fyn die resep kan jy met hartelus verander soos jy wil.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto en nota:  Adri Liebenberg
Ek het net die sous van die aarbeie met 5 ml gelatien gemeng en dit ook ingeroer. Dis ongeloooooooflik lekker.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5