Your Recipe Blog

WIT SJOKOLADE EN “LEMON CREAM” KAASKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 4 ure of oornag

WIT SJOKOLADE EN “LEMONCREAM” KAASKOEK

Ek het swart en blou kleursel gebruik vir my man se verjaarsdag.

  • 1 blik kondensmelk
  • 2 houers roomkaas (230 – 259 g elk)
  • 65 g versiersuiker
  • 500 ml room
  • 125 ml suurlemoensap
  • 2 slabs wit sjokolade
  • 2 pakkies Lemon Cream koekies
  • 10 g gelatien met bietjie water aangemaak

Hou 85 g room eenkant. Onthou dit moet gram wees.
Klits res van die room styf en voeg roomkaas en kondensmelk by. Meng net deur.
Voeg die versiersuiker en suurlemoen sap by en ook die gelatien wat opgelos is in bietjie water.  Meng deur.
Rasper een van die slabs en kap koekies grof en voeg by die roomkaasmengsel. Meng goed, moenie teveel klits nie.
Skep in gesmeerde losboom pan en laat stol vir 4 ure of oornag.

Plaas die 85 g room en die ekstra wit sjokolade in ‘n glasbak en plaas die bak oor ‘n pot met bietjie water.
Kook die water stadig, moenie dat die glasbak aan die water raak nie en smelt die sjokolade.
Haal af sodra dit begin smelt en hou aan met roer tot heel gesmelt, kleur soos verlang.

Haal die tert uit die pan wanneer goed gestol en gooi die gesmelte sjokolade stadig oor die tert dat dit mooi versprei en afloop.  Laat goed afkoel en geniet.

Resep en foto: Elizabeth Haupt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page