WIT SJOKOLADE CREMORATERT
- Kors:
- 1 pak Mariebeskuitjies
- 2 eetlepels suiker
- 1 teelepel fyn kaneel
- 125 g margarien/botter
Meng beskuitjies, suiker en kaneeel in voedselverwerker tot beskuitjies fyn is.
Smelt die margarien/botter en voeg by die beskuitjiekrummels.
Meng goed en druk vas in ‘n tertbord.
Bak 10 minute teen 180ºC.
- Vulsel:
- 1 x 10 g-sakkie gelatien
- 30 ml water
- 250 g Cremora
- 125 ml yswater
- 1 x 385 g-blikke kondensmelk
- 125 ml suurlemoensap
- 5 ml vanilla geursel
- 50 g witsjokolade, gesmelt
Sprinkel gelatienpoeier oor water en laat staan tot sponsagtig.
Maak Cremora aan met yswater en plaas in elektriesemenger se bak.
Voeg kondensmelk by en klits op hoë spoed tot mengsel dik en romerig is, sowat 5 – 8 minute. Terwyl menger loop, voeg die suurlemoensap geleidelik by en hou aan klits tot mengsel dik en romerig is.
Voeg die geursel en witsjokolade by. Smelt geweekte gelatien ’n paar sekondes in mikrogolfoond en voeg by mengsel. Meng goed.
Skep mengsel in kors en laat stol sowat 2 – 3 uur in yskas.
- Stroop:
- 4 grenadellas se pulp
- 1 pakkie perskejellie
- 1 ½ koppie water
Kook bogenoemde goed deur en laat afkoel.
Skep ‘n paar lepels bo op die tert en versier met perske skywe.
Foto en resep: Petré van Jaarsveld