Your Recipe Blog

WINTERSOP (KLIPSOP)

WINTERSOP (KLIPSOP)

“Opmerking deur Duran Stevens: in die ‘boeretyd’ wanneer die maand dun was en mense regtig nie veel bestanddele gehad het nie, dan gebruik hulle wat daar ook al is, of die bure bring elkeen wat hulle het, dan word. water bygegooi en almal kry iets te ete. Dit is klipsop genoem na aanleiding van ‘n bostelegraafstorie wat lank, lank terug geskryf is en van geslag tot geslag oorvertel is – as die bestanddele min is, sit klippe in.”

“Marius Crouse: so baie mense ontpop nou in kokke. Ek het afgekom op hierdie lekker resep vir klipsop. Die klipbestanddeel is natuurlik maar net deel van ‘n baie ou grappie.”

  • 1 vuisgrootte klip
  • 3 vuisgrootte aartappels, geskil, en in blokkies gesny
  • 5 wortels, geskil en in skyfies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 handvol gemaalde beesvleis
  • 2 liter water
  • sout en peper na smaak

Braai die maalvleis saam met die uie in ‘n middelslagpot totdat dit gaar is.
Voeg al die ander bestanddele by.
Kook totdat alles sag is.
Verwyder die klip en druk die mengsel fyn.
Bedien met vars gebakte brood.

Resep en foto: Marius Crouse

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page