Your Recipe Blog

WINKELDEEG BROODJIES MET ‘N VULSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

WINKELDEEG BROODJIES MET ‘N VULSEL

Ons het gistraant hierdie lekker broodjies in my varkie oond gebak en was dit nou lekker.
Jy kan sommer winkel deeg gebruik. Ons het 3 kaasworsies wat nog effe gevries was gebruik.

  • 3 kaasworsies wat nog effe gevries was, gerasper
  • 3 koppies gerasperde Mozzarella kaas
  • 5 velletjies gekerfde salami
  • ½ koppie tamatie en uie smoor
  • 2 eetlepels Mayonnaise
  • 1 eier, geklits

Knie die deeg tot lekker styf en rol oop tot omtrent 8 tot 10 mm dik soos ‘n vierkant.
Deel die deeg in vier ewe groot stukke en smeeer met die smoor.
Meng die worsies, salami, kaas en Mayonnaise saam en plaas ‘n deel op elke deeg.
Vou dit toe en plaas dit in ‘n pannetjie wat omtrent 150 x 80 mm groot is met die naatkant onder in die pan.
Smeer met geklitste eier en steek ‘n gaatjie in die bokant van die deeg.
Ons bak dit op 200°C in die varkie oond vir 30 min.
Dit is djeeeeeerlik!

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page