WILDSVLEIS STROGANOFF
“Wildsvleis stroganoff met courgette blomkoolrys na al die Kerskos.”
- 20 ml olyfolie
- ½ rooi ui, gekap
- 1 rooi soetrissie (“bell pepper”), gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 400 g wild/bees minuutbiefstuk, in repies gesny
- 6 sampioene, in stukke gesny
- 1 hoender- aftrekselblokkie/aftrekselpotjie
- 2 eetlepels Worcestershiresous
- 2 eetlepels tamatiepasta
- 1 teelepel droë pietersielie
- 125 ml kookwater
- 125 ml suurroom
- sout en peper, na smaak
- MURGPAMPOENTJIE EN BLOMKOOLRYS:
- 400 g gerasperde rou blomkoolrys
- 2 eetlepels botter
- 1 middelslag murgpampoentjie, gekap
- 1 teelepel uiepoeier
- sout en peper, na smaak
Verhit die olie in ‘n pot en voeg die uie, soetrissie en knoffel by. Braai vir 8 – 10 minute tot sag. Voeg die vleis by, en braai nog vyf minute. Voeg nou al die bestanddele, behalwe die suurroom, sout, en peper by en prut oor ‘n lae hitte vir 10 minute.
Roer die room en geurmiddels by en prut nog twee minute. Hou warm.
Mikrogolf die blomkoolrys op hoog vir 12 minute.
Smelt die botter in ‘n pan en braai die murgpampoentjie vir 5 – 8 minute tot sag.
Voeg die geurmiddels en gaar blomkoolrys by en braai twee minute oor ‘n medium hitte.
Bedien warm saam met die stroganoff.
Resep en foto: Ilze Jacobs