Your Recipe Blog

WILDS MAALVLEIS PASTEIE

WILDS MAALVLEIS PASTEIE

  • 1 kg wilds maalvleis
  • 250 g pakkie snipper spek
  • 2 aartappels, blokkies gesny
  • 1 ui, blokkies gesny
  • ½ koppie ertjies
  • ½ koppie mielies
  • 1.2 teelepel naeltjies
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • vars gemmer gerasper, so groot soos ‘n 50 sent munt.
  • 100 ml Worcestersous
  • 50 ml tamatiesous
  • sout
  • pepper
  • 1 rol skilferkorsdeeg

Braai die  spek eers gaar en skep uit.
In die selfde pan met die spek vet, braai die uie gaar, skep uit en hou eenkant.
Braai die maalvleis  liggies vir so 5 minute en sit die spek en uie terug en meng deur.
Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die groente.
Sit die groente so 30 minute voor alles gaar is, by en kook dit vir ongeveer 1 uur stadig tot redelik droog.
Neem die skilferkorsdeeg en rol bietjie dunner uit, plaas in die gespuite pastei bakkies as kors.
Skep die vulsel in die kors.  Maak deksels met die deeg en plaas bo -op.
Druk mooi vas rondom, smeer met geklitste eier en druk ‘n gaatjie bo in vir die stoom om te kan ontsnap.
Bak teen 180ºC of 160ºC waaier oond, tot mooi bruin en gaar, ongeveer 20 – 30 min.

Foto en resep: Flip Kotie Olivier

One Review

  1. Jan

    Baie dankie vir die resep. Ons ken nie wildsvleis nie en het so klompie wilds maalvleis present gekry en die resep gemaak en dit was heerlik. o

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page