WHISKEY MARINADE
Heerlik vir varkribbetjie, hoender, tjops of steak oor die kole..!!
- 1 koppie sojasous
- ¼ koppie dijon mosterd
- 1 koppie Whiskey
- ¼ koppie bruinsuiker
- ½ teelepel sout
- 5 eetlepel Worcestersous
- ¼ teelepel swart peper
Meng al die bestanddele.
Klits mengsel tot suiker gesmelt is.
Marineer vleis in marinade vir minstens 1 uur.
Bedruip gereeld met sous terwyl braai oor kole
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen
Foto: Adam Cloete
Category: