WENNER “GOOI BYMEKAAR” VARKTJOPS
“Ek was moeg vir my gewone varktjops en wou die Kaapse kinders bederf. Sommer ‘n resep van gooi bymekaar. Appelkooskonfyt en mosterd. Beslis vir ons ‘n wenner.”
- 8 varktjops
- olie vir braai
- 1 ui, gesny
- Sous:
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- 1 koppie slaairoom (mayonnaise)
- 125 ml soetrissiesous
- 2 pakkies wituiesoppoeier
- 2 ml mosterdpoeier
- 1 ml knoffelvlokkies
- 250 ml water
Braai die varktjops in olie tot bietjie bruin. Stel die oond op 180 °C. Pak die varktjops in ’n oondbak en strooi die gesnyde uie oor.
Sous:
Meng die appelkooskonfyt, slaairoom, soetrissiesous, wituiesoppoeier, mosterdpoeier, knoffel vlokkies en water, roer goed en giet oor die varktjops.
Bak vir een uur in die oond, maar draai elke 15 minute om.
Onthou om vark se velletjies in kepies te sny.
Stel die oond op rooster vir die laaste 15 minute sodat velletjies braai.
Resep en foto: Magde Van der Kolff