Your Recipe Blog

WENKE VIR PERFEKTE MERINGUE

WENKE VIR PERFEKTE MERINGUE

Frikkie Jones:
Jou klitser en klitsbak moet 100% skoon en droog wees.
Vryf die klitsbak uit met bietjie suurlemoensap en droog dit uit.
Eiers by kamertemperatuur.
Vir elke eier, gebruik jy ¼ koppie suiker/strooisuiker.
Klits die eierwitte styf met ‘n knippie sout, maar nie droog nie.
Sit 1 eetlepel strooisuiker by en klits tot dit opgelos is. Voeg dan weer 1 eetlepel by en hou so aan tot al die suiker ingevoeg is.
Jy kan ½ teelepel wit asyn op die einde byklits om dit te stabiliseer.
Vir ‘n ronde tertbord sal 4 eierwitte en 1 koppie strooisuiker genoeg wees.

Nog wenke:
Klits jou eierwitte met ‘n knippie sout dat dit skuim maak soos “bubble bath” se skuim.
Sit ‘n kwart van jou strooisuiker by en klits tot daar geen meer korrels tussen jou vingers is as jy so bietjie van die mengsel tussen jou vingers vryf nie. Herhaal die proses tot al die suiker ingeklits is en dit stokstyf is.
Sif die Maizena oor die mengsel en vou dit in met ‘n whisk. Vou, nie klits of roer nie. As jy met ‘n whisk vou, draai die handvatsel in jou hand soos jy vou. Dis ‘n baie saggiese manier om te werk want jy wil nie al die wind wat jy ingeklits het uitwerk nie.
Bo-op jou suurlemoenvulsel wat jy klaar vir 20 min gebak het, sprinkel jy ‘n dun lagie Maizena en jy “smeer” liggies tot die Maizena nie sigbaar is nie. Nou sit jy jou meringue op met ‘n lepel of ‘n piping bag soos die gees jou lei. Bak by 160°C vir 30 min. Sit jou oond af en sit ‘n houtlepel in die oonddeur. Los dit dat dit daar afkoel. As jy die stappe presies volg sal jy nooit anders weer met meringue werk nie.

Tiaan Steyn:
Die volgende wenke van meringue is koning en belangrik:
Jou mengbak en klitser moet altyd skoon wees. Gebruik handdoek papier waarop jy bietjie asyn sit en vee bak en klitser/s mooi uit en af.
Eierwitte moet kamertemperatuur wees vir beste resultate.
Eierwitte benodig ‘n soort suur om te help. Gooi ¼ teelepel kremetart (cream of tartar) by aan die begin en klits goed.
Klits jou eierwitte net tot na sagte punte begin vorm. Begin dan suiker bygooi terwyl jy klits.
Voeg die suiker teelepel vir teelepel by. Klits tot styf.

Onthou:
Jy gebruik nooit ‘n houtlepel, of plastiek lepel of silicone soos deegskraper as jy met eierwit werk nie. Dis porieeës (beteken klein luggatjies wat ontstig is) wat lug uit geklopte eierwit neem.
Jy gebruik altyd iets metaal.
DIE GEHEIM van bros buitekant en amper Marshmallow binnekant is volgende:
Meringue moet eintlik stadig bak so by 160°C tot ligbruin. Skakel oond af en los meringue in oond om af te koel maar nie heeltemal.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page