WENKE VIR PASTEIDEEG EN VULSEL
Jerrica Grace:
Vir ‘n hoenderpastei, is dit beter om die korsdeeg op koue of warm vulsel te plaas?
Alet Schoen Murray:
Vir my werk dit beter met koue vulsel. Deeg word gou pap met warm vulsel. Ek probeer altyd my deeg so koud as moontlik hou.
Mary-Ann Ruthven:
As die blaardeeg vinnig opgeplaas word en met eier gesmeer kan word voor dit pap raak, dan maak dit nie saak nie. Warm vleis se sous gaan jou bietjie knie-halter. Laat die vleis liewer afkoel tot kamertemperatuur, waar jy met jou kaal hande dit kan hanteer.
Annamarie Garrett:
Koue vleis, want as jy dit nie dadelik bak nie, sal die vulsel broei en kan jou siek maak.
Vinolia Olivier:
Ek berei die vulsel die dag voor ek die pastei gaan maak, beter resultate.
Louise Groenewald
Koue vulsel, yskoue deeg, vuurwarm oond (200°C). Vir blaardeeg om mooi te pof (lagies te maak) moet alles koud wees, die vulsel onder die koue deeg ook. Dit is die vuurwarm hitte wat stoom veroorsaak tussen die lagies, wat uitsit en die deeg mooi laat pof en ‘n mooi eindresultaat gee. Voorverhit altyd die oond. As jy ‘n vinnige groot oond het, verlaag die temp. na die deeg mooi gepof het, na 180°C, om te verhoed dat die kors te donker bak. Deeg het eweredige hitte nodig, draai die pan om, met die helfte van die tyd.
Wenk en foto: Louise Groenewald












