WENKE VIR DIE PERFEKTE KOEKSISTER
Theresa Lange
Kan iemand dalk help met REDES VIR KOEKSISTERS WAT NIE SOUS TREK NIE. Ek het nou al seker agt verskillende resepte gebruik, vinniger hitte gebak en ook laer hitte langer en ook korter tye ek kom net nie reg nie. Waar gaan wat verkeerd. Gebruik koue stroop.
Elmarie de Bruyn
Jou deeg moet baie goed geknie wees. Knie vorige aand en sit in yskas.
Steyn Elaine
Jy maak jou deeg aan soos jy skons maak. Meng deeglik maar geen knie nie. Laat rus paar uur in yskas. Rol uit, sny en vleg. Olie op medium aan begin en soos jy sien hy bak dalk te vinnig draai stadiger. Hy moet egter heeltyd bak anders absorbeer hy olie. Haal uit olie en druk onmiddellik in jou stroop en ek bedoel ONMIDDELLIK. Hou vir paar sekondes onder stroop. Ek gebruik my masher daarvoor. Jy sal sien hoe die stroop intrek. As dit koue stroop is, sorg dat hy yskoud is. Sterkte hoop jy kom reg.
Aneen Ferreira
Maak jou stroop vorige dag en sit in vrieskas. Haal net genoeg uit en sit bak met stroop in, in ‘n groter bak met ys in. Gooi net elke keer weer net genoeg stroop uit vries by.
Nog ‘n goeie ding om te doen is wanneer jy klaar gevleg het, gooi ‘n klam doek oor rou koeksisters terwyl jy olie warm maak.
Theresa de Bruyn
Die stroop moet yskoud wees. Familie van my bak koeksisters as bron van inkomste. Sy het altyd skottels vol ys met die pot koue stroop in. Soos die ys smelt en die stroop warmer word, vervang hulle die ys en stroop met ‘n koue stroop.
Tinkie Theron
Ek vleg alles klaar, sit onder klam lap. Die laastes rys die mooiste. 🌻
Maryke Redelinghuys le Roux
Druk die koeksisters diep in die stroop vir ‘n paar sekondes. Gebruik ‘n “masher” om hulle onder te hou. Laat dan nog rukkie in stroop dryf. Hoop dit help.
Theresa Lange
Ek vleg, hou onder klam doek, dan bak.
Rita Labuschagne
Die oomblik wat die deeg aan lug blootgestel word, maak dit ‘n harde lagie. Daarom moet jou deeg in die bak onmiddellik toemaak word dat daar nie ‘n korsie vorm nie. Die gesnyde deeg moet toegehou word. Die gevlegde koeksister moet ook toegehou word. Ek het altyd kombuisvaddoeke klam gemaak en dit oor die deeg gegooi. Later van tyd het ek slim geraak en groot plastiese sakke oopgesny en die deeg daarmee bedek. Onthou ook om nooit op meel uit te rol nie maar wel jou oppervlaktes en koekroller olie te smeer.
Ek hou my bak met stroop op ys en voeg elke keer ‘n beker yskoue stroop by. Sterkte.
Marie van der Watt
Moenie die koeksisters net in die stroop sit nie. Neem so 2 met ‘n gaatjieslepel op ‘n keer, plaas in die stroop en druk dadelik met masher onder die stroop. Jou stroop gaan DIK wees as dit baie baie koud is en gaan ook nie goed intrek nie. Verder moet jy jou deeg knie totdat daar blasies in die deeg is en laat staan 2 ure. Moenie 3 bene vleg , dit is gewoonlik “styf” en daar is nie plek om te rys nie en sal nie behoorlik stroop trek nie.
Pearl Van Der Walt
Ek bak baie en my deeg is sag en Ek vleg nie meer nie… stroop sit dit nie meer in koelkas nie gebruik dit net so…met klinkfolie oor die deeg dit mag nie uit droog nie.
Ek rol my deeg uit 1 cm dik of meer maar vleg nie, wat klaar is, bêre ek onder plastiek ivm uitdroging. EK draai hulle, 12 cm lang stukke of kort 6 cm wat ek in sny en oor mekaar dit.
Ek gebruik stroop wat nie koud is nie. As jou deeg te styf is, het jy slap koeksisters sonder stroop. Jou deeg moet sag wees, bietjie moeiliker om te hanteer. Dan blaas hulle op en suig die stroop op. Ek het ‘n paar bakke of emmers met stroop, ek laat hulle bietjie langer lê voordat ek dit uithaal, altyd ‘n sukses.
Elzetna De Bruin
HOEKOM WORD KOEKSISTERS SAG? Eerste dag is hulle sappig en crispy, tweede dag sag en begin droog word? Gister gebak, vanoggend dus sag en drogerig.
Kiti de Jager
Ek sit nie my mond aan ‘n koeksister wat gevries is nie. As dit ontvries is dit sag en melerig. Pap. Ek maak net die kits koeksister resep in warm stroop. Binne in ‘n geseëlde tupperbak sal dit nie uitdroog nie.
Eugene Hugo Mostert
Te min suiker in jou stroop.
Hendrik Greeff
Sisters moet in die vrieskas gehou word.
Elzetna De Bruin
Gewag dat hulle goed afkoel. Met die doel om vandag in te vries.
Hendrik Greeff
Nee, jy moet hulle so gou as moontlik in vrieskas kry. Ek wag so min of meer ‘n uur.
Estelle van Rooyen
Try warm stroop koeksisters resep en sit as afgekoel dadelik in vrieskas.
Rina Boshoff van Rhyn
Te veel botter of margarien maak dit ook pap.
Elzetna De Bruin
50 g botter op 550 g meel.
Yep verhouding klink reg. Maar iewers doen ek iets fout. 🤔 selfde resep as altyd alleen nou wel minder crispy.
Tinkie Theron
Gebruik Holsum vet ipv botter/margarien.
Gooi ook ‘n klein stukkie in die olie waarin jy bak. Dit hou hom crispy.
Ek gebruik net botter, en sonneblom olie om in te bak (sit in EU kry nie holsum nie)
Jeanne Schutte
Maak vars stroop aan elke keer as jy bak en bere oornag in vrieskas voordat jy bak. Stroop moet YSKOUD wees.
Gerty Corbitt
Ek ken ‘n dierbare tannie wat uithaler koeksisters vir menige mense gebak het, en sy het nie met nuwe baksels nuwe stroop gemaak òf dit yskoud gehou nie…sy het doodeenvoudig nie plek in haar yskas daarvoor gehad nie.
Jeanne Schutte
Gerty Corbitt ek bak baie deesdae en bere my sous in die vrieskas nie yskas. Glo my; dit werk. Vuurwarm koeksisters direk in yskoue stroop.
Marietjie Bothma
Jeanne Schutte my stroop staan op my kas. Glad nie in yskas.
Gerty Corbitt
Marietjie Bothma dis presies wat my tannie doen… al vir 60 jaar.
Elzetna De Bruin
Jeanne Schutte ek maak vars stroop, yskoud.
Ina De Wit
Ek vind die weer het ook ‘n invloed ek moet nou my koeksisters met klam doekie toe maak. Ek pak my koeksisters dadelik in die vrieskas.
Nog ‘n paar idees:
Elmarie de Bruyn
Daar so baie maniere en idees vir koeksister bak. Ek knie my deeg die aand en sit in yskas. Stroop word gekook en gaan yskas toe. Volgende oggend rol ek al 15 dosyn klaar uit en bedek sommer met selofaan. Ek gooi my stroop in bak en as ek begin bak bly daardie stroop daar en ek top net op tot ek klaar gebak het. Het probeer afneem kyk hoe trek hul stroop as jy hom oopbreek drup die stroop uit. As afgekoel verpak ek dit en gaan vrieskas toe. Bly crispy buite en vol stroop binne (My resep is al op blad)
Rina van Schalkwyk
Elmarie de Bruyn lyk heerlik. Ek is in Australia wat noem mens cutter? En kan mens amazi maak?
Elmarie de Bruyn
Ek het van die snyers maar die sommer met die hand in stroke gesny. Jy kan karringmelk ook gebruik.
Jy kan gewone melk ook gebruik, resep is oorspronklik met gewone melk.
Laurette Campher
Hoe maak mens met die lemoene. Druk jy die sap uit.
Elmarie de Bruyn
Ek sny hul in ringe en gooi dit net so in. Jy kan ‘n suurlemoen ook gebruik.
Elmarie de Bruyn
Ek wil net noem ek weeg nou al lank my meel af asook ek bak met amazi. Dit kom dan perfek uit. Meel is 575 g en amazi met eier ingeklits 370 g.
Die groot geheim is jou deeg. Knie dit goed en als kom goed uit.
Die resep lewer so ongeveer 4 dosyn. Ek knie sommer so 4 baksels maar elkeen apart.
Rina ek gebruik stroop uit yskas en soos hul dit opsuig gooi ek net weer stroop wat uit yskas kom by maw ek gooi koue stroop net elke keer by die wat reeds in bak is.
Adri De Beer
Ek maak ook my deeg aan los so 1 uur dan begin ek vleg..kla gevleg kook ek my stroop en terwyl stroop warem is bak ek… laat koud word en is baie lekker.
Manda Kunz
Is Amazi daardie kartonnetjie wat jy by melk yskaste kry.
Elmarie de Bruyn
Ja ek koop 2 liters in plastiek bottel maar karton sal werk.
Foto: Brunhilda Venter
Ek wil net iets uitvind asb.
Ek koop graag koeksisters om die baksters te ondersteen.
Wat is fout as die voel daar is te veel stroop en die kiesister lyk of hy nie te veel deeg in het en byt meer n kors met stroop.
Ander koeksisters het weer harder stukkies in die deeg gedeelte.
Wat doen die mense verkeerd asb.
Groete Petro
Petro, baie mense vra juis vir die hol koeksister met die baie stroop, hulle verkies dit so, so baie baksters bak dit so met ‘n doel. Die met die harde stukke dink ek is maar net die deeg wat droog geword het voor dit gebak het. Maar as jy baie inligting by die baksters wil kry vra gerus jou vraag op ons facebook groep, daar help hulle graag.
Groete
Rina
Ek sukkel ook al baie lank met koeksister bak. Al so baie geld daarop gemors .
Hulle bly sag, en na ‘n rukkie lyk dasof al die stroop verdwyn het. Ook baie deeggerig.
Ek móét ‘n sukses hiermee maak, my finansies noop my om die reg te kry, en te verkoop. HELP asseblief????
Hoop jy kom reg, probeer gerus die warmstroop koeksisters op ons blog, vir my regtig ‘n wenner.
Kan mens die rou koeksisterdeeg vries?
Hi Emmie, baie deeg kan wel gevries word en dan net weer vroegtydig uitgehaal word om kamer temeperatuur te word voor dit gebruik word. Ons het nog nooit probeer om koeksister deeg te vries nie, wel die vorige aand aangemaak en in die yskas gehou. Dalk moet jy dit toets en asb vir ons laat weet of dit gewerk het om dit te vries.
Groete
Rina