Your Recipe Blog

WENKE VIR AARTAPPELS

WENKE VIR AARTAPPELS

‘n Bietjie melkpoeier maak die kapokaartappels mooi donsig.
‘n Gerasperde ui gee ‘n besonderse smaak aan kapokaartappels.
Aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word.
Giet slaaisous oor terwyl die aartappels nog lou is en dit trek in die aartappels in.
Voeg 5 ml melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.
Kapokaartappels is lig en sag as ‘n knippie bakpoeier bygevoeg word.
Kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.
Laat aartappels vir 30 minute in melk lê om mooi bruin te bak.
Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ‘n vars groen appel by die aartappels in die sak.
Voeg ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil by aartappelslaai vir ‘n pikante smaak.
Voeg 1 eetlepel asyn by die olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak die skyfies bros en die olie skuim nie.
Voeg ‘n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir ‘n heerlike geur.
Voeg suurlemoensap by die water as jy ‘n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page