Your Recipe Blog

WENKE OM HOENDER TE BRAAI TOT DIE VEL KRAKERIG IS

WENKE OM HOENDER TE BRAAI TOT DIE VEL KRAKERIG IS

Daleen Rademeyer:
Hoe braai mens ‘n heelhoender oor die kole dat die velletjie regtig egtig “crispy” is. Ons kan nie rotisserie gebruik nie. Help dit om botter onder die vel te smeer? Raad asb.

Letitia Delport Nish:
Asyn doen wondere, smeer dit met ‘n kwassie oor die vel en dit maak dit lekker “crispy” en nee dit proe nie dan soos asyn nie.

Amanda Erasmus:
My man maak ‘n mengsel van gelyke dele olie en suurlemoensap aan, pak die hoendeer in ‘n toevou rooster en smeer die oliemengsel op die hoender met ‘n kwassie. Braai die hoender en draai dit elke 10 min om met die rooster en elke keer wat hy omdraai smeer hy die oliemengsel aan. Na so 30 min sprinkel hy hoenderspeserye oor die hoender. Na ‘n uur behoort dit gaar en lekker “crispy” te wees.

Annelize de Bruin:
Ek marineer die hoender oornag in suurlemoensap (vars uigedruk, nie die botteltjie nie) en spesery dit na smaak. Braai mdie hoender op die weber vir ‘n 1 ½ uur, sonder om dit draai met die deksel op. Die kole word aan elke kant geplaas. Plaas ‘n bakkie onder die hoender om die vet op te vang. Daai velletjie is heerlik “crispy”.

Alet Meyer:
Draai die hoender gereels terwyl dit oor die kole gebraai word en sprinkel net speserye op die hoender, geen marinade nie, ons doen dit altyd.

Nicolette Papas:
Ek ontbeen die hoender, smeer aan albei kante met kruie en speserye. Soms gebruik ons ‘n toeknyprooster en ander kere gebruik ons lang metaal sosaties om die hoener mee te braai. Die vel bak lekker “crispy”, vleis is sag en sappig. Omdat dit ontbeen is, bak dit sommer gou gou gaar.

Lee Fourie:
Braai die hoender op kole, velkant bo eerste. Sprinkel suurlemoensap dan sout oor die hoender. Herhaal elke keer wanneer jy die hoener omdraai.

Phillip Schoeman:
Sorg dat die hoender se vel droog is en smeer dan met sout. Braai tot gaar en krakerig.

Marlene Barnard:
Plaas die heel hoender op ‘n bierblikkie en jy kry ‘n heerlike sappige hoender. Die vel is heerlik bros.

Elsabie Templeton:
Vir die sappigste binnevleis en krakerige velletjie, is dit beste om die hoender oornag in pekelwater te plaas. Enigste manier om vleis regtig sappig gaar te maak in Weber of oond.

Nico Oosthuizen:
Maak net seker die vel is droog, soos in droog voor gaarmaak. Smeer dan die hoender met olie of botter en speserye. Die droë vel is baie belangrik.

Monique Hayes:
Braai ‘n kanthoender, soos staanrib in ‘n toeknyprooster aan die kant van die vuurtjie of kole. Lekker sappig gaar en die vel lekker “crispy”.

Foto: Monique Hayes

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page