WEET-BIX BLOKKIES
- Basis:
- 5 Weet-Bix blokkies, fyngemaak
- 1.5 kopppie koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 eetlepels kakao
- ¾ koppie uitgedroogde klapper
- 1 koppie suiker (bruinsuiker werk die beste, maar kan wit ook wees)
- 1 eetlepel goue stroop
- 200 g margarien, gesmelt
- 1 teelepel vanilla geursel
- Versiersuiker-lagie bo-op basis:
- 2 koppies versiersuiker
- 2 eetlepels kakao
- 1 eetlepel margarien
- kookwater (voeg net by soos benodig vir verlangde viskositeit)
Meng droë bestanddele bymekaar en hou eenkant.
Meng stroop, margarien en vanilla saam.
Voeg die nat- en droë bestanddele bymekaar.
Meng goed.
Druk styf vas in ‘n oondvaste bak Ongeveer 20 x 30 cm wat gespuit is met nie-kleefwerende middel.
Druk styf vas in ‘n oondvaste bak Ongeveer 20 x 30 cm wat gespuit is met nie-kleefwerende middel.
Bak in die oond teen 180°C vir 15 minute, of tot hard.
Laat dit heeltemal afkoel.
Smeer versiersuiker bo oor basis.
Laat staan oornag, of verkoel in die yskas.
Sny op in blokkies en verpak in lugdigte houer.
Heerlike versnappering saam met koffie en tee.
Resep en foto: Anika Steyn












