WAYNE SE ROMERIGE MOSSELBROODJIES
- 1 blik mossels, gedreineer
- ½ ui, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 5 peppadews, fyngekap
- ½ koppie cheddarkaas, gerasper
- 1 ruim knip gemengde kruie
- 1 teelepel paprika
- 3 eetlepels mayonnaise
- 4 dik snye Franse/Portugese brood
Meng al die bestanddele saam en skep op die snye brood.
Sit onder die rooster element van jou oond vir so 10 minute of tot goudbruin.
Bedien saam met ‘n groenslaai.
Resep en foto: Wayne Dugmore