WARMPOEDING MET MOUSSE KITSMENGSEL
Resep: Liza Visser
Fotos: Marilize Hauptfleisch Fourie
Hier is die bewyse van ‘n reuse sukses, danksy Liza Visser.
- Poeding:
- 1 pakkie kitspoeding mousse mengsel, 90 g (sjokolade smaak werk goed)
- 2 koppies melk
- 1 koppie suiker
- 1 koppie bruismeel
- 2 eetlepels kakao
- 1 teelepel bakpoeier
- knippie sout
- 1 teelepel vanilla geursel
- 2 eetlepels gesmelte botter
- Sous:
- 1 koppie bruinsuiker
- 2 eetlepels kakao
- 2 koppies kookwater
- Voorverhit jou oond tot 180°C.
- Smeer ‘n oondvaste bak (ongeveer 20 x 20 cm) liggies met botter of sproei met kleefwerende sproei.
- Berei die mousse kitspoeding mengsel met die melk, volgens die aanwysings op die verpakking.
- Meng die suiker, bruismeel, kakao, bakpoeier, en sout in ‘n groot mengbak.
- Voeg die voorbereide mousse, vanilla geursel en gesmelte botter by die droë bestanddele en meng goed totdat ‘n gladde beslag vorm.
- Giet die beslag in die gesmeerde oondbak en maak dit gelyk met ‘n spatel.
- Meng die suiker en kakao in ‘n aparte bak.
- Sprinkel die suikermengsel eweredig oor die beslag.
- Giet die kookwater oor die hele poeding oor die agterkant van ‘n groot lepel. (moenie roer nie).
- Bak die vir 35 – 40 minute of totdat die bokant ferm is en ‘n tandestokkie skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word.
- Laat die poeding vir ‘n paar minute afkoel voordat jy dit bedien.
- Die sous sal aan die onderkant sak en ‘n heerlike, taai laag vorm.
- Bedien jou warm poeding met ‘n skeppie roomys of ‘n klomp vars room vir ‘n ekstra bederf.
- Geniet jou heerlike en maklike warm poeding!
- Notas:
- As die resep verdubbel word kan 200 g mousse mengsel gebruik word, dit maak ‘n diep oondpan vol, en is genoeg vir 20 ruim porsies.
- Die pan was omtrent die grootte van ’n oondpan, maar dieper.



