WARM SJOKOLADE BOMME (BOMBS)
- baksjokolade
- klein malvalekkers
- Whispers sjokolade balletjies
- warm sjokoladepoeier (hot chocolate)
- silikoon vormpies
- warm melk
Smelt baksjokolade, giet in silikoonvorm sodat sjokolade net die kante bedek en los dat dit stol. Plaas sjokoladepoeier, malvalekkers, en whisper balletjies in, moet nie te vol maak nie, want dit moet weer geseël word met baksjokolade.
Smelt nog baksjokolade en giet bo-oor alles sodat “bombs” kan seël.
Om te gebruik:
Plaas ‘n bommetjie in ‘n lekker groot koffie beker.
Verhit genoeg melk tot kookpunt.
Giet die warm melk oor die bommetjie, smelt die sjokolade en al die lekkerte kom uit.
Klits goed deur met ‘n lepel.
Nota:
Heerlik, vir die koue winter dae. Ek maak sommer paar op ‘n slag sodat ek voorraad het.
My beker op die foto is 700 ml. Die “bombs” is amper so groot soos my hand palm.
Resep en foto: Christelle Cairo