WALTER SE LEKKER MALVAPOEDING
- 1 koppie suiker
- 1 koppie koekmeel
- 1 koppie melk
- 1 eier
- 3 eetlepels appelkoos konfyt
- 2 eetlepels botter
- ½ teelepel sout
- 2 teelepels vanilla geursel
- 1 teelepel koeksoda
- 2 teelepels bruin asyn
- Sous:
- 250 ml klappermelk
- 3 eetlepels suiker
Meng droë bestanddele saam en hou eenkant.
Meng botter, eier en suiker in ‘n mengbak en klits tot ‘n ligte geel kleur.
Meng die asyn en vanilla met die melk in ‘n aparte beker.;
Neem die droë bestanddele en skep eers die helfte van droë mengsel by die eiermengsel, dan die helfte van die melkmengsel, klits tot glad en sonder klonte.
Voeg die res by in dieselfde volgorde, klits weer tot ‘n gladde mengsel.
Skep in gesmeerde oondbak of in kolwyntjie pan of in miniatuur brood pannetjies.
Nota:
Ek doen die laaste twee aangesien dit lekker enkel porsies gee.
Plaas in voorverhitte oond op 180 ºC en bak 40-45 min, alle oonde verskil, so kyk maar wanneer dit wegtrek van kante af.
Sous:
Ek hou daarvan om klappermelk te gebruik wat warm gemaak is saam met suiker.
Bedien die sous oor die poeding nadat jy dit met versiersuiker gesprinkel het.
Bedien met ‘n keuse van vla, roomys of room.
Resep en Foto: Walter Bender