Your Recipe Blog

WALTER SE HEERLIKE GARNALE

WALTER SE HEERLIKE GARNALE

  • 1 pak garnale ± 24 – 30, skoongemaak en doppe afgehaal
  • 3 eetlepels botter/margarien
  • 5 ml paprika
  • 5 ml rooi peper
  • 1 – 2 groen en rooi rissies, pitte uitgehaal en fyngekap
  • 60 ml olyf olie
  • 1 groen en rooi soetrissie, elk ontput en julienne gesny
  • 3 knoffel huisies, skoongemaak en fyn gekap
  • sout na smaak
  • 2 takkies vars koljander blare
  • 1 koppie jasmyn rys, gaar gekook
  • Slaai:
  • 4 seisoene slaai met gepekelde uie en wortel, voorgesit met balsamic asyn

Plaas botter en olie in die pan of wok en smelt op medium hitte.
Plaas al die ander speserye saam in botter pan en laat dit lekker gesels vir so paar minute sodat die geur kan deurkom.
Sit die garnale by en en kook vir so 2 – 3 minute tot garnale verkleur (wit).
Bedien op of langs rys met slaai aan die kant of bo-oor garnale en sous op rys en garnale.

Nota:
Ek het dit op 2 verskillende maniere bedien soos op die foto’s.

Foto’s en resep:  Walter Bender

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page