VYEKONFYT IN DIE MIKROGOLF
- 1 kg afgeskilde ryp vye, in stukkies gesny
- 900 g suiker
- 1 eetlepel botter
- 20 ml suurlemoensap
Sit vye wat klaar bewerk is in ‘n diep glasbak geskik vir die mikrogolf.
Giet die botter en suurlemoensap oor die vye en sit in die mikrogolf sonder ‘n deksel vir 10 minute op 100% krag.
Haal uit en roer deur, strooi die suiker oor en roer goed deur.
Plaas in die mikrogolf op hoog vir ‘n verdere 10 minute. Haal uit en roer weer deur.
Plaas weer terug in mikrogolf op 100% krag vir nog 10 minute.
Toets deur ‘n bietjie in ‘n piering te skep en in die yskas te plaas.
Toets met jou vinger wat jy deurtrek in die middel om ‘n paadjie te maak, indien die konfyt nie toegaan nie is dit reg. Indien nodig, plaas in mikrogolf vir ‘n verdere 5 minute.
Skep die konfyt warm in flessies met deksels wat gesteriliseer is en draai toe terwyl die konfyt warm is.
Resep en foto’s: Amanda Naude
Vir n beginner is dit n wenresep!