VYE LEKKERTE
Ek het vannand hierdie vir voorgereggie (of nagereg) gemaak en dit is baie lekker en tog so maklik.
Ek het net twee vye gehad wat ryp was van my een bome en sommer vir hulle gebruik.
- 2 ryp vye vir 2 porsies
- 1 eetlepel sojasous
- 1 eetlepel heuning
- 1 eetlepel olyfolie
Spoel die vye liggies af en maak droog.
Sny die stingel omtrent vyf mm laer af as die stingel en plaas dit dan op dié afgesnyde deel.
Sny die vye met ‘n skerp mes ⅔ oop en plaas in ‘n klein vuurvaste oondbakkie.
Meng die res van die bestanddele saam en besprinkel die vye.
Plaas in ‘n voorverhitte oond op 200°C vir 10 minute.
Haal die vye uit die oond, krummel stukkies bloukaas in die middel van elke vy en bak vir nog 3 tot 4 minute.
Nota:
Ons het dit saam met ‘n skeppie roomkaas geniet en dit was heerlik.
Resep en fotos: Gideon Louw