VULSEL VIR ONTBEENDE LAMSRIB OP DIE KOLE
Oppie menjoe vanaand iiiiiiisssss ontbeende lamsribbetjie oppie kole gebraai.
- Bestanddele en hoeveelhede na smaak:
- 1 lamsrib, ontbeen
- sout en peper
- Cheddarkaas, gerasper
- Bloukaas, gesnipper
- gerasperde ui
- chillivlokkies
- droë knoffelvlokkies
- Jimmy’s sous
Besprinkel die ribbetjie met sout en peper na smaak.
Pak dan die volgende lagies op die ribbetjie, ‘n dun lagie Cheddarkaas asook ‘n lagie Bloukaas, gevolg deur ‘n dun lagie ui en ook ‘n klein bietjie chillievlokkies saam met bietjie knoffelvlokkies.
Dit word dan lekker opgerol en met ‘n tou gebind.
Ek gaan dit stadig braai op redelik skerperige kole vir ten minste 45 min en dan buite om smeer met Jimmys se sous en braai tot goed gaar.
Sny in skywe en bedien.
Nota:
Dit is nogals ‘n tydsame werk om ribbetjie te ontbeen, want alle beentjies moet van die been kant af een vir een uit geslag word maar is die moeite werd. (kan ook jou slagter vra om te ontbeen)
Resep en foto’s: Gideon Louw