Your Recipe Blog

VULSEL VIR KOFFIEKOEKIES

VULSEL VIR KOFFIEKOEKIES 

Hierdie is al vulsel wat ek vir my koffiekoekies gebruik. Dit is heerlik.

  • 500 g goeie margarien of botter
  • 4 koppies suiker
  • 100 ml koffiepoeier
  • 100 ml kookwater
  • 300 ml melk 

Maak die koffiepoeier met die kookwater aan.
Plaas die suiker, botter, koffiemengsel en melk in ‘n pot.
Verhit die mengsel tot dit kook. Hou maar dop dat dit nie brand nie.
Kook alles saam tot dit lekker dik is.
Verwyder die vulsel van die stoofplaat en roer/klop met ‘n houtlepel totdat dit lekker dik en koud is.
As jy nie klop nie sal die suiker en botter skei.
Gebruik as vulsel om koffiekoekies op mekaar te plak.

Resep: Beth Vogel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page