Your Recipe Blog

VULSEL VIR KOFFIEKOEKIES

VULSEL VIR KOFFIEKOEKIES 

Resep en foto: Beth Vogel

Hierdie is al vulsel wat ek vir my koffiekoekies gebruik. Dit is heerlik.

  • 500 g goeie margarien of botter
  • 4 koppies suiker
  • 100 ml koffiepoeier
  • 100 ml kookwater
  • 300 ml melk
  • Maak die koffiepoeier met die kookwater aan.
  • Plaas die suiker, botter, koffiemengsel en melk in ‘n pot.
  • Verhit die mengsel tot dit kook. Hou maar dop dat dit nie brand nie.
  • Kook alles saam tot dit lekker dik is.
  • Verwyder die vulsel van die stoofplaat en roer/klop met ‘n houtlepel totdat dit lekker dik en koud is. As jy nie klop nie sal die suiker en botter skei.
  • Gebruik as vulsel om koffiekoekies op mekaar te plak.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page