Your Recipe Blog

VULSEL VIR KOFFFIEKOEKIES

VULSEL VIR KOFFFIEKOEKIES

Ek het nounet 7 kg koffiekoekies klaar gespuit en geplak.

  • 500 g botter
  • 1 kg versiersuiker, gesif
  • 1 eetlepel vanilla ekstrak
  • sout
  • 500 g donker sjokolade “callets”
  • 125 g kookwater
  • 1 eetlepel goeie koffiepoeier

Meng die koffiepoeier by die kookwater en giet oor die sjokolade stukkies.
Laat staan 4 minute en roer dan met spatula tot gesmelt. Indien dit nie glad gesmelt het nie, mikrogolf vir 20 sekondes intervalle en roer tot glad. Hou eenkant.
Klits die botter, sout en vanilla met die “flexi beater” tot glad en lig.
Sif die versiersuiker oor die bottermengsel in die menger en laat die menger BAIE stadig loop tot al die versiersuiker geïnkorporeer is.
Verhoog die menger se spoed en klits so op 3 vir ‘n paar minute tot lig.
Meng die sjokolade ganache by.
Spuit die mengsel kwistig op die een koekie en plak die tweede koekie bo-op.
Heerlik!

Resep en fotos: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page