Your Recipe Blog

VRUGTEKOEK MET BRANDEWYN IN DIE BESLAG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 3 ure

VRUGTEKOEK MET BRANDEWYN IN DIE BESLAG

My vroulief het die heerlike vrugtekoek gebak. En djeerlik is dit beslis. Lekker niks droog nie.

  • Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol en kook op lae hitte vir 25 minute.
  • 4 koppies vrugtekoekmengsel
  • 2 ½ koppies suiker
  • 4 koppies water
  • 250 g botter
  • 140 g kersies, elk in drie stukkies gesny
  • Voeg die volgende by na 25 minute:
  • 2 teelepels koeksoda
  • 2 koppies gekerfde dadels

Plaas eenkant en laat dit afkoel.
Wanneer afgekoel voeg die volgende bestanddele by volgense die metode soos onder.

  • 4 koppies gesifte koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels gemengde speserye
  • 4 geklitste eiers
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • ½ koppie brandewyn
  • Ekstra:
  • ½ koppie brandewyn

Meng goed na elke koppie meel wat bygevoeg word.
Voer ‘n broodpan uit met foelie en spuit met “Spray and Cook”.
Skep die mengsel in die pan en bak dit in ‘n voorverhitte oond op 140°C vir 3 ure.
Haal uit die oond en giet ‘n halwe koppie brandewyn oor die bodeel en laat staan vir 15 min.
Haal dan uit die pan en keer dit om en giet nog ‘n halwe koppie brandewyn oor die onderste deel.
Nota
Na ‘n week se staan, as dit so lank hou, kan jy nog ‘n halwe koppie brandewyn oorgiet.
Vroulief draai dit goed toe in foelie en bêre in die yskas, dan kan dit baie lank hou, gewoonlik word dit gou opgeëet.

Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page