Your Recipe Blog

VRUGTEKELKIETERT

Recipe by
Cook: 35 minute

VRUGTEKELKIETERT

“’n Laaste resep vir die naweek, wat my pa ‘Naomi se tert’ genoem het, nadat sy dit een dag jare gelede vir ‘n werksfunksie gemaak het. Dis maar eintlik net ‘Vrugtekelkietert’ is. Seker een van die lekkerste poedings ooit – veral vir die Jacobse.”

  • Beslag:
  • 2 koppies bruismeel
  • 1 koppie suiker
  • 1 blikkie vrugtekelkie, sous gedreineer en eenkant gehou
  • 2 teelepels koeksoda
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel vanilla- of karamelgeursel
  • 2 eiers
  • Sous:
  • 1 koppie ingedampte melk
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie fyn klapper
  • 50 g botter
  • 1½ teelepels vanilla- of karamelgeursel

Meng sous van vrugte met koeksoda. Meng dit saam met res van beslag se bestanddele. Skep in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak 35 minute by 180 °C.
Voeg al die sousbestanddele in ‘n pot, en bring tot kookpunt.
Steek warm poeding vol gatjies met ‘n mes, en giet sous bo-oor. Bedien met vla.

Resep en fotos: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page