Your Recipe Blog

VRUGTE EN NEUTE MUESLI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minutes

VRUGTE EN NEUTE MUESLI

Ek deel graag my resep.
Het dit aanvanlik by hotel in Drakensberge geëet. Pakkie gekoop en resep gaan afproe by die huis.

  • 2 koppies gemengde neute, ongesout
  • 2 koppies geskaafde klapper
  • 1 koppie pampoenpitte, groen
  • 1 koppie sultanas
  • ½ koppie sonneblom pitte
  • ½ koppie poppie saad
  • 2 koppies bran flakes
  • 1 koppie bran stokkies (vir mooiheid)
  • 3 koppies rolled oats
  • ½ koppie sesami saad
  • ½ koppie lynsaad
  • 1 koppie cranberries
  • Sous:
  • 200 g klapperolie
  • ½ koppie mapelstroop
  • ½ koppie heuning

Meng die mengsel se bestanddele in ‘n groot mengbak.
Smelt die klapperolie saam met die heuning en stroop.
Roer die sousmengsel goed deur die eerste mengsel.
Skep die mengsel in ‘n vlak beskuitpan en maak gelyk, maar moenie vasdruk nie.
Bak 15 min op 150 ºC.
Haal uit die oond, roer die mengsel goed, en bak weer vir 15 min.
Haal uit die oond en laat goed koudword, bere in geseëlde houer.

Nota:
Geniet saam jogurt of eet sommer vir snack.
Geniet!

Resep en foto: Elsje Stander

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page