VOLGRAANBROOD
Ek het vanaand vir ons ‘n volgraanbrood gebak.
- 4 koppies krakley whole wheat brown meel
- 3 koppies koekmeel
- 2 teelepels sout
- 1 pakkie droëgis
- 1 koppie karringmelk
- 3 koppies louwarm water
Ek het ‘n groot beskuitpan gebruik.
Meng al die bestanddele saam. Skep deeg in ‘n gesmeerde broodpan.
Maak warm toe of plaas op ‘n lekker warm plek om te rys.
Laat die deeg rys tot dubbel in volume. Ek het dit vir 6 ure gelos om te rys.
Bak vir 1 uur in ‘n vooraf verhitte oond by 180°C.
Foto: Elna Erasmus