VLAKOEK
- 1 koppie melk
- ½ koppie botter
- 1 koppie strooisuiker
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 2 ml sout
- 3 eiers
- Vla vulsel:
- 45 ml vlapoeier
- 2 koppies melk
- ½ koppie botter
- 1 koppie suiker
- 1 teelepel vanilla geursel
Voorverhit oond op 180 grade˚C. Verhit melk en botter tot kookpunt. Verwyder van hitte en laat eenkant.
Klop die eiers en suiker saam. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer in by die eiermengsel.
Voeg warm melkmengsel by en meng goed. Verdeel in 2 voorbereide panne en bak vir 20 min.
Haal uit die oond en panne en laat afkoel.
Sodra die koek heeltemal afgekoel het sny elke koeklaag middeldeur, sodat daar 4 lae is.
Vla vulsel:
Roer die vlapoeier geleidelik by die melk tot die poeier alles opgelos is.
Verhit tot kookpunt vir 1 minuut. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.
Klop die botter tot lig en donsig, voeg die suiker geleidelik by en verroom.
Roer die vlamengsel by die bottermengsel, geur met vanilla.
Meng baie goed en gebruik tussen die lae en bo-op die koek.
Sprinkel koekkrummels bo-oor indien verkies.
Resep en foto: Saartjie Leimecke