Your Recipe Blog

VISPASTEI MET MIKROGOLF WITSOUS

VISPASTEI MET MIKROGOLF WITSOUS

  • 2 rolle skilferkorsdeeg (puff pastry)
  • 500 ml basiese witsous (sien resep onder)
  • ½ koppie gerasperde kaas
  • 1 takkie vars dill
  • sout en peper
  • paprika
  • 2 knoffeltoontjies
  • 1 medium ui gekap
  • zest van een suurlemoen
  • 1 teelepels droë origanum
  • 5 porsies stokvis
  • ½ pak skoon garnale (prawns)
  • ¼ koppie ertjies

Bak een laag skilferkorsdeeg blind in ‘n tert bak tot gaar by 180°C vir ongeveer 15 minute.
Maak basiese witsous, voeg die gerasperde kaas, zest en speserye by.
Smoor ui, knoffel, vis en garnale in bietjie botter.
Kook ertjies, dreineer.
Meng alles saam.
Skep in die gebakte tertkors en bedek met nog ‘n laag deeg.
Bak in 180°C oond tot goudbruin.
Bedien saam kapokaartappels en slaai.

Resep en foto: Lelane van der Walt

Vir bogenoemde resep maak die mikrogolf witsous resep dubbel:

MIKROGOLF WITSOUS
Probeer die witsous en jy sal dit altyd weer maak.

  • 250 ml melk
  • 30 ml koekmeel
  • 25 ml margarien of botter
  • 1 ml sout en ‘n knypie peper

Plaas al die bestanddele in ‘n mikrogolf bak (750 ml bak) moenie roer nie. Plaas in die mikrogolf vir 1 minute.
Roer goed eers na eerste minuut en daarna goed na elke minuut (4 minute in totaal) sonder deksel by 100 persent krag.

Resep: Ina Stumke

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page