VISKUITE MET ROOMKAAS EN KNOFFEL
Wanneer die misbank so op die see lê, loop die Meerminne dik. Dan is dit tyd vir kuite (Roe) met roomkaas en knoffel!! Net vir ingeval… jy weet mos!!
- 4 viskuite
- 225 g roomkaas
- 1 eetlepel knoffel
- 180 g botter
- 1 eetlepel heuning
- 50 ml melk
- 1 eier
- 1 teelepel pietersielie en/of roket
- sout en peper na smaak
Braai die kuite in botter op medium hitte. Net so dat dit effens verbruin.
Meng die gesmelte botter, knoffel, melk, geklitste eier, pietersielie/roket sout en peper.
Wanneer die kuite mooi bruin is maak ‘n sny aan die bokant tot so halfpad deur.
Skep die botter/roomkaas mengsel in die gesnyde gleuf en sit die deksel op die pan vir ‘n minuut of 2.
Dit is baie vullend en kan net so of op rys/risotto of pasta bedien word.
Resep en foto: Jan Salti Viljoen
Category: