Your Recipe Blog

VISKOEKIES VAN PILCHARDS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 10 - 12 koekies

VISKOEKIES VAN PILCHARDS

Ek het weer vanaand hierdie staatmaker gemaak, maar die keer het ek pilchards in tamatiesous gebruik, en regtig dit is heerlik. Mens kry so 10-12 lekker groot viskoekies uit… probeer gerus.  WENNER!!!

  • 2 eiers
  • 1 groot blik Pilchards (vis)
  • 60 ml (¼ koppie) asyn
  • 1 klein gekapte ui
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml (1 teelepel) bakpoeier
  • 250 ml (1 koppie) koekmeel

Klits die eiers. Voeg die vis, asyn, ui, sout en peper by. Druk vis fyn.
Meng bakpoeier en meel. Voeg by vismengsel en meng tot ‘n stywe deeg.
Skep eetlepels vol en bak in warm olie tot goudbruin.

Foto: Rina Kleinhans

Variasie: Maria Oneale
1 koppie gevriede groente effens gekook met spices, ek vervang partykeer die groente met sweetcorn, die romerige een absoluut heerlik!

Category:

3 Reviews

  1. Amelia Bosch

    Baie dankie vir ‘n makluke en heerlike viskoekie resep. Ek is byna 60jaar oud en vir die 1ste keer in my lewe, agter die kospotte, het ek ‘n resep waarvan die smaak heerlik is en ek nie n oliebol in my bord het nie

    Star
  2. Annelien le Roux

    Ongelooflik lekker en so maklik om te maak. Baie dankie vir die reseppie.

    Star
  3. Marelda

    baie heerlik en maklik

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page