VISBOBOTIE
- 2 snye wit brood
- 250 ml melk
- 20 ml olie
- 2 uie, gehalveer en gesny
- 1 groen peper
- 30 ml kerriepoeier
- 10 ml suiker of appelkooskonfyt
- 1 ml sout
- 30 ml witasyn
- 2 blikke (425 g elk) sardyne in tamatiesous, gevlok
- 1 blikkie pitmielies
- 2 eiers
- 6 lourierblare
- 10 ml suurlemoensap
Voorverhit die oond tot 180° C. Smeer ‘n oondvaste bak.
Week brood in die melk. Verhit olie en braai die uie en groen peper tot sag.
Voeg kerrie poeier, appelkoos konfyt of suiker, sout en wit asyn by en laat prut vir 1 minuut.
Druk die melk uit die brood en roer fyn brood by die uie mengsel saam met die gevlokte vis en pitmielies.
Hou die melk eenkant.
Klits 1 eier en roer by jou vismengsel.
Skep die mengsel in die voorbereide oondvaste bak.
Klits nou melk en ander eier en giet bo oor vis mengsel.
Druk lourierblare in die mengsel en sprinkel suurlemoensap oor.
Bak sowat 25 – 30 minute of tot eier laag gestol het.
Resep en foto: Sandra Schreuder-de Klerk