Your Recipe Blog

VIS LASAGNE

Recipe by
Cook: 45 minute | Servings: 6 - 8 porsies

VIS LASAGNE

  • Sous:
  • 1 ui, fyngekap
  • 50 ml botter
  • 100 ml koekmeel
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 500 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Braai die ui in botter tot sag, voeg die koekmeel by en roer deur.
Voeg die hoenderaftreksel en melk by en roer met ‘n draadklitser tot die sous verdik en kook tot gaar.
Geur met sout en peper. Hou eenkant.

  • 500 g stokvisfillette, vel verwyder
  • sap van ‘n halwe suurlemoen
  • 400 g broccoli blommetjies, geblanseer
  • 125 ml Parmesan kaas, gerasper
  • 30 ml botter
  • 16 velle lasagne pastavelle

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Posjeer die vis in ‘n bietjie vloeistof tot gaar, verwyder die gaar vis uit die vloeistof en laat dit effens afkoel.
Vlok die vis en geur met suurlemoensap.
Sny die broccoli blommetjies in skyfies.
Smeer ‘n dun lagie sous onder in ‘n oondvaste bak en bedek die souslagie met ‘n laag lasagne velle.
Skep ‘n derde van die sous bo-op die lasagne velle.
Rangskik die helfte van die gevlokte vis en broccoli bo-op die sous en bedek weer met lasagne velle. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag sous. Sprinkel die parmesaan kaas bo oor die sous. Stip met botter en bak vir ongeveer 45 minute tot goudbruin en gaar.
Sit voor met Franse brood en vars slaai.

Resep en foto: Elsabé Mulder Barnard

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page