Your Recipe Blog

VINNIGER GEEN KNIE BROOD

VINNIGER GEEN KNIE BROOD

Ek en die rys-tyd verstaan mekaar nie altyd so lekker nie, so ek het my deeg hierdie keer in die oond laat rys, elke mens het seker sy manier wat vir hom werk.  Dit maak 1 kleinerige broodjie.

  • 3 koppies broodmeel of koekmeel
  • ¼ teelepel kitsgis
  • 1 teelepel sout
  • 1½ koppies louwarm water

Meng die meel, gis en sout saam in ‘n groot bak. Roer die water by tot alles goed gemeng is. Maak die bak toe met clingwrap en laat staan teen kamer temperatuur vir 3 uur. Hier het ek my bak in die oond gesit na ek die oond op 50°C warm gemaak het. Het die oond aangelos en ‘n lepel in die deur gesit. Het dit vir 5 uur so in die oond laat rys. Haal uit die oond en keer om op ‘n meelbestrooide toonbank, strooi ook meel bo-oor deeg. Neem jou menglepel / skraper en vou die kante van die deeg binnetoe in die rondte om tot dit ‘n bal vorm. Plaas bakpapier rofweg in ‘n bak en sit die ronde deegbal daarin en gooi toe met ‘n vadoek. Laat staan vir 35 minute.

Sit intussen die pot “dutch-oven” waarin die brood gaan bak in die oond en verhit die oond tot 230°C. Sodra die 35 minute om is, haal die deeg met papier en al uit die bak en verplaas dit na die pot, sit die deksel op en plaas terug in die oond. Oppas vir brand.

Bak die brood vir 30 minute, haal uit die pot, verwyder die deksel en bakpapier, plaas net die brood terug in die pot en bak vir nog 10 – 15 minute net so oop.

Notas:
Ek het ‘n 3 liter pot gebruik wat oond toe kan gaan vir die “dutch-oven” wat jy moet hê.
My dogter het die oorspronklik resep gedoen waar die deeg oornag staan, dan gebruik jy kamertemperatuur water en laat staan die deeg vir die eerste rys op jou kombuis toonbank (sy het dit in die yskas gehou) vir 8 – 24 uur.
Die oorspronklike resep sê ook jy moenie die meel sif nie, maar wel belug. So ek het my meel bietjie in die sakkie geskud. Die regte manier is blykbaar dat mens die meel bietjie met ‘n lepel deur roer voor jy dit afmeet.

Resep geplaas deur Stien Rust
Foto’s: Stien Rust

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page