VINNIGE STEAK PASTA VIR TWEE
Ek het ‘n steak oorgehad en toe besluit ek ek gaan sommer pasta maak daarmee.
- ¼ koppie knoffel olyfolie
- ¼ pakkie eierpasta (egg noodles)
- 2 toontjies knoffel, opgesny
- 1 gedroogte rissie ,fyn gesny
- sout
- peper
- braaivleis speserye
- ¼ koppie blatjang
- 1 steak wat reeds gaargemaak is “rare”, opgesny
- 250 g pakkie sampioene, opgesny
- 2 rooi uie, opgesny
- ¼ rooi en geel soetrissie elk, opgesny
- ½ bakkie klein tamaties
- 1 eetlepel vars gemmer as jy dit gesny het
- klein bakkie basieliekruid, opgesny
- 5 stingels grasuie, opgesny
- 2 hande vol baba spinasie
- 1 wielietjie Fetakaas
Gebruik ‘n bietjie van die olie en braai die uie, knoffel, gemmer en soetrissie tot sag.
Voeg die sampioene en tamaties in roer net vinnig deur. Moenie dat dit sag kook nie.
Sit die res van die olie en blatjang in.
Roer die mengsel goed deur.
Voeg die vleis, spinasie, grasuie en basieliekruid by. Roer deur.
Sprinkel sout, peper en braaivleis speserye in na smaak.
Roer deur en sit ‘n deksel op vir so minuut of 2 dat die spinasie net stoom.
Hou eenkant.
Maak die pasta gaar volgende die verpakking en dreineer.
Meng die vleismengsel met die pasta en skep dadelik op.
Breek die Fetakaas oor die pasta en sit nog swart peper oor.
Geniet saam met jou keuse van wyn.
Foto en Resep: Marian van Deventer