VINNIGE SLAPDEEG PASTEITJIES IN KOLWYNTJIE PANNE
Die resep is genoeg vir 3 dos, (36) mooi pasteitjies.
- Vulsel- enige gaar vleis van jou keuse:
- gekapte ham
- gerookte hoender, opgesny
- maalvleis, lekker geurig gebraai met klein blokkies aartappel en wortel
- Deeg:
- 4 koppies koekmeel
- 3 koppies melk
- 2 koppies olie
- 1 teelepel sout
- 2 teelepels Aromat
- 12 teelepels bakpoeier, (en dit smaak nie na bakpoeier nie)
Klits koekmeel, melk, olie, sout, aromaten bakpoeier goed saam tot alle klonte opgelos is.
Skep so ‘n eetlepel deeg onder in pan, dan vol eetlepel vulsel van keuse, dan weer ‘n vol eetlepel deeg bo-op die vulsel.
Bak vir ± 25 min in oond of tot gaar en mooi strooi kleur.
Nota:
Heerlik vir iets ligs vir aandete met slaai en sousie.
Ek maak kleintjies vir my platters.
Of net iets vir die bure as hulle miskien nood het.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk