VINNIGE “SELF-SAUCING” SJOKOLADEPOEDING
Die maklikste en vinnigste self-saucing sjokolade poeding ooit… 50 minute van begin tot einde. Jy sal nie spyt wees nie!
- 1 koppie bruismeel
- 3 eetlepel kakao
- ½ koppie suiker
- knypie sout
- ½ teelepel koffiepoeier
- 80 ml olie
- ½ koppie melk
- 1 eier
- 1 teelepel vanilla geursel/ekstrak
- Sous:
- ¾ koppie suiker
- 2 eetlepel kakao
- 1 ¼ koppie kookwater
Meng die eerste 5 bestanddele saam in ‘n mengbak.
Klits die res van die bestanddele saam in ‘n aparte bak en meng met die droë bestanddele. Skep uit in ‘n gespuite oondbak.
Sprinkel die suiker en kakao bo-oor die nagereg en giet die kookwater versigtig bo-oor alles. Bak 40 – 45 minute by 180°C.
Bedien met roomys en/of vla.
Resep en foto: Ilze Jacobs
Elaine Steyn Steyn
Ilze Jacobs ek het dit nou gemaak! Dis werklik die lekkerste self saucing sjokolade poeding ooit! Krakerige bolaag en nie te veel sous soos party van die tipe poedings nie. Weereens dankie vir die resep.❤️