VINNIGE PIESANG-EN APPELSLAAI
- 4 piesangs, in wielietjies gesny
- 3 rooi appels, in blokkies gesny
- 1 koppie mayonnaise
- 1/3 blikkie karamel of kondensmelk
- ½ koppie room
- sout en peper, na smaak
- pitlose rosyne, bosbessies en koljanderblare, opsioneel
Meng piesang en appel en swaai dit vinnig deur bietjie suurlemoensap.
Meng die mayonnaise en karamel of kondensmelk en room saam. Ek het karamel gebruik uit my kas en daarom het ek room bygevoeg om die viskositeit te verbeter.
Geur met sout en peper na smaak.
Meng nou al die bestanddele. Strooi pitlose rosyne en bosbessies (cranberries) bo-oor en garneer met vars koljanderblare of na eie voorkeur. Vinnig en lekker.
Nota: Hierdie slaai loop lekker saam met biefkerrie en rys.
Resep en foto: Fanie Smit