VINNIGE ONTBYTBROODJIE
Trip down memory lane 🌺 Vanoggend was ek lus vir broodjie wat ek moes maak vir Huishoudkunde eksamen in 1977 ~ Juf Jordaan se resep.
Resep soos volg:
- 2 snye brood
- grondboontjiebotter
- 2 – 3 eiers, goed geklits
- 1 blikkie sardientjies, fyngemaak.
Smeer brood lekker dik met grondboontjiebotter. Plaas die 2 snye brood opmekaar. Doop beide kante in eier.Gebruik die oorblywende eier om roereier te maak.
Braai die brood aan beide kante tot gaar en ligbruin. Maak die broodjie oop en vul met ‘n lagie sardientjies en ‘n lagie roereier.
Sit weer die twee snytjies opmekaar en geniet.
Yummy lekker.
Resep en foto: Susan Swanepoel