VINNIGE MUFFINPAN SKONS
Ek en my dierbare vrou het vanoggend hierdie lekker skons gemaak vir ontbyt en dit geniet saam met berg kaas en ham.
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- 2 eiers
- 1 koppie melk
- ½ koppie kookolie
Meng die droë bestanddele saam.
Klits die eiers, melk en olie saam. Meng die droë bestanddele daarby.
Skep eetlepels vol oor in die gespuite (Spray+Cook) muffin pannetjies.
Bak vir ongeveer 15 – 20 min in die oond op 200°C of tot goudbruin en gaar.
Resep en foto: Phil Kloppers